On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Yvette
Listen Live Streams

Other News

Anderson deur na kwarteindrondte in Indian Wells

───   07:35 Thu, 14 Mar 2013

Morgan Piek

Blomefontein - Suid-Afrika se voorste tennisspeler, Kevin Anderson het deurgedring na die kwarteinderondte van die BNP Paribas Ope in Indian Wells in Kalifornië.

Anderson het in sy vierde rondte wedstyd die Fransman Gilles Simon in drie stelle met 6-3, 1-6, en 6-4 uitgeskakel. Dis die eerste keer dat die Suid-Afrikaaner deur gedring het na die kwarteindrondte van dié toernooi.

Anderson speel in die volgende rondte teen die 6de gekeurde Tomas Berdych van die Tsjeggiese Republiek.

Die verdedigende kampioen Roger Federer het 3 stelle nodig gehad om sy landsgenoot Stanislas Wawrinka 6-3 6-7 7-5 te klop.  In die volgende rondte kom hy moontlik teen Rafael Nadal te staan.

In die dames toernooi kom Wêreld nommer een Victoria Azarenka teen die 8ste gekeurde Caroline Wozniacki te staan.

Franse Ope kampioen Maria Sharapova het haar plek in die kwarteinderondte geboek toe sy vir Lara Arruabarrena-Vecino van Spanje met 7-5, 6-0 geklop het.

More from Other News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.