On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Polisie werk tot dusver goed saam: Sonnekusbroers

───   SABRINA SABRINA 12:55 Thu, 14 Mar 2013

Sabrina Dean

Bloemfontein - Die Sonnekusbroers, wat op 2 Maart in 'n Bloemfonteinse vulstasie se winkel aangerand is, na bewering deur 'n polisiesersant wat in Sasolburg woon, sê hulle is teleurgesteld dat die verdagte op R500 borgtog vrygelaat is. Eben, wat verskeie kere platgeslaan en geskop is terwyl hy sy broer wou help, sê die polisie het tot dusver goed saamgewerk.

Neil, wat 'n week in Pelonomi Hospitaal in Bloemfontein was met 'n skedelfraktuur en breinbloeding sê hy ervaar steeds erge hoofpyn en voel deurmekaar. Hy sê hy is steeds besig om die voorval te verwerk.

Die broers raadpleeg tans 'n prokureur omtrent 'n siviele geding teen die beweerde aanrander, Christoffel Neuhoff. Neuhoff het gister in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn op 'n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy moet weer volgende Woensdag in die hof wees.






Podcasts

Eben Sonnekus:

Neil Sonnekus:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.