Africa News
Hongersnood erger as aanvanklik geskat─── 17:46 Thu, 02 May 2013
Byna 260 000 Somaliërs is in die erge hongersnood van 2010 tot 2012 dood, baie meer as wat in daardie tyd gevrees was.
'n Gesamentlike verslag deur die VN se Voedsel-en-landbou-organisasie en die Famine Early Warning Systems Network lui dat hongersnood en ernstige voedselonsekerheid sowat 258 000 mense tussen Oktober 2010 en April 2012 geëis het.
133 000 kinders onder die ouderdom van vyf, was onder dié wat gesterf het.
AFP