On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Africa News

Vier Saoedi-Arabiese burgers vas vir bomaanval by kerk

───   14:47 Mon, 06 May 2013

Vier Saoedi-Arabiese burgers vas vir bomaanval by kerk | News Article
Vier Saoedi-Arabiese burgers is in hegtenis geneem in verband met 'n bomaanval by 'n Katolieke Kerk in Tanzanië.

Polisiewoordvoerder Magesa Mulogo sê hulle is deel van altesaam ses mense wat weens die voorval aangekeer is.

Twee mense het gesterf in gister se bomaanval op 'n nuwe kerk in die noordelike stad van Arusha.
 
Bykans vyftig mense is gewond in die ontploffing wat kort voor die kerk se inhuldigingsmis plaasgevind het.
 
Die Pous se gesante na Tanzanië het die inhuldiging bygewoon.
 
Ooggetuies het aan die polisie gesê hulle het gesien hoe 'n motorfietsryer 'n bom in die kerk se rigting slinger.
 
Hy is onder dié wat gearresteer is.

Sapa

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.