On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

World News

19 beseer in skietery tydens Moedersdagparade

───   06:47 Mon, 13 May 2013

New Orleans - Negentien mense, waaronder twee jong kinders, is beseer in 'n skietery tydens 'n Moedersdagparade in New Orleans in Amerika. Tien mans, sewe vroue en 'n tienjarige seun en meisie is in die voorval gewond. Skote is kort voor twee-uur gistermiddag plaaslike tyd gevuur toe die tweede ry van 'n parade verby die skare beweeg het. Toeskouers het inderhaas gevlug en van die koeëls het mense skrams getref. Die polisie in New Orleans sê daar is gesien hoe drie verdagtes wegghardloop, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie. In Februarie vanjaar is vier mense gewond by 'n nagklub in die stad tydens Mardi Gras feesvieringe.

BBC

More from World News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.