On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

World News

Feministe protes teen lewensgrootte pophuis vir Barbie

───   06:33 Fri, 17 May 2013

Berlyn - 'n Lewensgrootte pophuis vir die plastiekspeelding, Barbie moes kort na sy opening in Berlyn, Duitsland gister weer sy deure sluit. Dit volg nadat 'n kaal betoger op die reuse fontein, wat in die vorm van 'n skoen is, voor die huis se hoofingang geklim en 'n gekruisigde Barbie-pop omhoog gehou het. Feministe en linkses sê die gebou is seksistiese propaganda. Die huis is sowat 1 400 vierkante meter en 'n groot pienk hakskoen-waterfontein verwelkom 'n mens by die ingang. Gaste kan selfs in Barbie se klerekas rondkrap en van haar klere aanpas. Die Barbie-droomhuis sal tot 25 Augustus in Berlin wees voordat dit die res van Europa sal toer.

Yahoo

More from World News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.