National
Minister sê môre oor Gupta-debakel─── 16:38 Sat, 18 May 2013
Johannesburg - Jeff Radebe, minister van justisie, sal na verwagting môre-oggend besonderhede bekend maak oor die ondersoek na die omstrede landing van 'n private straler van die Gupta-familie by die Waterkloof-lugmagbasis. Verskeie ondersoeke is ná die voorval van stapel gestuur. Die regte kanale is glo nie gevolg om magtiging vir die landing by 'n nasionale sleutelpunt te verkry nie. Bykans 200 trougaste het by die lugmagbasis geland om die bruilof van Vega Gupta by Sun City in Noordwes by te woon. Die mediakonferensie vind om 11:00 môre-oggend plaas.
Sapa
Sapa
