On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Mynwerkers staak oor onbetaalde bonusse

───   16:41 Sat, 18 May 2013

Rustenburg - Mynwerkers by die Lanxess-chroommyn in Rustenburg het met ‘n onbeskermde staking begin. Volgens Mxhasi Sithethi, 'n streekskoördineerder van die mynwerkersvakbond, die NUM, dring werkers aan op prestasiebonusse. Werkers beweer die bonusse is in 2011 deur die maatskappy se hoofkantoor in Londen goedgekeur, maar dat dit nooit betaal is nie. Die staking het Donderdag begin. Sithethis sê hulle probeer om die werkers terug by die werk te kry en het met die maatskappy oor die kwessie gepraat. Die maatskappy was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Sapa

More from Local News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.