National
Vuyo Mbuli oorsaak van dood onbekend─── 11:58 Sun, 19 May 2013
Bloemfontein - Die oorsaak van die dood van die bekende televisie en radio aanbieder, Vuyo Mbuli is nog nie bekend nie. Die Morning Live-aanbieder is in die vroeë oggendure in die Mediclinic Bloemfontein oorlede. Hy het gisteraand by die Vrystaat-stadion inmekaargesak terwyl hy die Superrugby kragmeting tussen die Cheetahs en die Reds gekyk het. Hy is op die toneel behandel en toe na die hospitaal gehaas. 'n Familiewoordvoerder het versoek dat die familie se privaatheid gerespekteer word terwyl hulle probeer om die tragedie te verwerk. Die 46-jarige Mbuli het sy TV-buiging in 1993 gemaak. Hy was ook die aanbieder van Morning Talk op SAFM. SABC-woordvoerder, Kaizer Kganyango.
Sapa;eNCA
Sapa;eNCA
SABC-woordvoerder, Kaizer Kganyango:
