On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Zuma glo nie betrokke by Gupta-landing nie

───   16:27 Sun, 19 May 2013

Zuma glo nie betrokke by Gupta-landing nie | News Article
Pretoria - President Jacob Zuma en sy kabinet was nie betrokke in die Gupta-familie se landing by die Waterkloof-lugmagbasis nie. Jeff Radebe, minister van justisie, het vanmiddag tydens 'n mediakonferensie gesê Bruce Koloane, hoof van staatsprotokol, wat op verpligte verlof geplaas is, het 'n verklaring gegee van almal wat betrokke is in die landing van die vliegtuig op 29 April. Die Gupta-familie se privaat straler het 270 trougaste vervoer. Die landing van die vliegtuig het wydverspreide kritiek ontlok. Die regering het gevra dat 'n ondersoek gedoen word na 'n moontlike verontagsaming van diplomatieke protokol. Radebe het die voorlopige bevindings van dié ondersoek vandag bekend gemaak. Hy sê een van die bevindings was dat die landing 'n direkte gevolg was van die manipulasie van prosesse en dat name "genoem" is deur die loop van die gebeure.

'n Volledige verslag sal volgende week bekend gemaak word. Intussen sê Tinyiko Maluleke, 'n politieke ontleder, dat dit verbasend is dat nie een van die ministers blyk of hulle verantwoordelikheid vir die debakel wil neem nie.

Sapa; eNCA

Podcasts

Jeff Radebe, minister van justisie:

Tinyiko Maluleke, 'n politieke ontleder:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.