On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

National

Guptasage: Ondersoekspan wys vinger na amptenaar by die Indiese Hoëkommissariaat

───   05:55 Mon, 20 May 2013

Guptasage: Ondersoekspan wys vinger na amptenaar by die Indiese Hoëkommissariaat | News Article
Pretoria - Die Minister van Justisie, Jeff Radebe, sê die regering se ondersoekspan wys vinger na 'n amptenaar by die Indiese Hoëkommissariaat in die Gupta landingsage. Hy het in Pretoria gepraat tydens sy terugvoer oor die ondersoek na die landing van die Gupta-familie se huurvlug by die Waterkloof Lugmagbasis. Die vliegtuig het 270 van die familie se trougaste vervoer. Die voorval het groot reaksie uitgelok oor die skending van veiligheidsmaatreëls te midde van verwarring oor wie toestemming vir die landing verleen het. Volgens die verslag word die skuld ook gepak op die geskorsste Hoof van Staatsprotokol, Bruce Koloane, en 'n senior Lugmagoffisier, Christine Anderson. Hulle is onder diegene wat kort na die voorval geskors is. Radebe sê die twee het aan die vliegtuig toestemming gegee om te land op grond van vals inligting en die misbruik van voorregte.

Jacaranda 94.2;Sapa

Podcasts

Die Minister van Justisie, Jeff Radebe:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.