Local News
Sestien verskyn weer vir bedrog by grenspos─── 06:51 Mon, 20 May 2013
Fouriesburg - Sestien staatsamptenare wat by die Caledonspoort-grenspos met Lesotho in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen in die landdroshof op Fouriesburg. Die amptenare is in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie nadat hulle na bewering reuse bedrae omkoopgeld aanvaar het om mense se paspoorte te stempel en hulle onwettig in die land toe te laat. Die 16 verdagtes sluit in nege polisielede, ses amptenare van Binnelandse Sake en een van die Departement van Gesondheid.
Sapa
Sapa
