Local News
Vuyo Mbuli oorsaak van dood steeds onduidelik─── SABRINA SABRINA 07:28 Mon, 20 May 2013
Sabrina Dean -
Bloemfontein - Die oorsaak van die dood van die bekende televisie en radio aanbieder, Vuyo Mbuli is steeds nie duidelik nie.
Die Morning Live-aanbieder is die naweek in Mediclinic Bloemfontein oorlede. Hy het Saterdagaand by die Vrystaat-stadion inmekaargesak terwyl hy die Superrugby kragmeting tussen die Cheetahs en die Reds gekyk het. Hy is op die toneel behandel en toe na die hospitaal gehaas.
Mediclinic Bloemfontein-woordvoerder, Karel Bührman, het alle navrae na die familie verwys.
Die 46-jarige Mbuli het sy TV-buiging in 1993 gemaak. Hy was die aanbieder van Morning Live op SABC2 en Morning Talk op SAFM.

Mediclinic Bloemfontein-woordvoerder, Karel Bührman: