On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Vuyo Mbuli se nadoodse ondersoek afgehandel

───   SABRINA SABRINA 09:11 Mon, 20 May 2013

Sabrina Dean -

Bloemfontein - Die verslag van die nadoodse ondersoek na die bekende televisie en radio aanbieder, Vuyo Mbuli, sal vanoggend aan sy familie oorhandig word.

'n Woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, Mondli Mvambi sê die familie word om 10uur vanoggend by die staatslykshuis verwag, waar hulle die uitslag sal ontvang.

Die 46-jarige Morning Live-aanbieder het Saterdagaand by die Vrystaat-stadion inmekaargesak terwyl hy die Superrugby kragmeting tussen die Cheetahs en die Reds gekyk het. Hy is later in die hospitaal oorlede.

Mvambi sê Premier Ace Magashule het die departement opdrag gegee om die familie so ver moontlik by te staan.

Mbuli het sy TV-buiging in 1993 gemaak. 'n Gedenkdiens word Woensdag by die SAUK in Auckland Park vir Mbuli gehou.


Podcasts

Woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, Mondli Mvambi :

More from Local News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.