On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Welkom bendelede later weer in hof

───   15:12 Tue, 21 May 2013

Lani Fouché

Die twintig vermeende bendelede wat verlede week in Thabong buite Welkom in hegtenis geneem is, moet weer op 27 Mei in die hof wees.

Hulle het gister hul eerste verskyning in die Virginia Landdroshof gemaak waar die saak vir verdere ondersoek uitgestel is.

Hulle staar aanklagte van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, die besit van gevaarlike wapens en die besit van dwelms in die gesig.

Die twintig is Vrydagoggend vroeg aangekeer. Dit kom nadat die Thabong-gemeenskap tydens die ANC se Vrystaatse verkiesingskonferensie in Welkom verlede naweek na die Thabong-polisiestasie opgeruk het oor die hoë misdaad in die gebied.

Hulle het beweer dat hulle vir maande lank deur verskeie bendes geteister is. Premier Ace Magashule het hulle beloof dat die polisie aksie sal neem. Die twintig sluit aan by twaalf ander bendelede wat vroeër die jaar in Thabong in hegtenis geneem is.


More from Local News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.