On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

NK-vrou wat Kinderwelsyn glo bedrieg verskyn weer

───   06:39 Wed, 22 May 2013

NK-vrou wat Kinderwelsyn glo bedrieg verskyn weer | News Article
Christopher Motabogi -

Kimberley - 'n Noord-Kaapse vrou wat na bewering R3,8 miljoen van Kinderwelsyn SA gesteel het, sal vandag weer in die Kimberley-landdroshof verskyn. Die 57-jarige Nurena Smith het na bewering tussen 2009 en 2011 altesaam R3,8 miljoen van dié organisasie in Kimberley gesteel. Nasionale Vervolgingsgesag-woordvoerder, Paul Ramaloko sê Smith het maatskaplike toelaes na haar persoonlike rekening oorbetaal. Sy is in Februarie in hegtenis geneem en het verskyn op 158 aanklagte van bedrog. Die saak is tot vandag uitgestel sodat sy regsverteenwoordiging kan bekom. Smith is onlangs in die provinsiale onderwysdepartement in 'n finansiële posisie aangestel.





@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.