National
Gedenkdiens vir Vuyo Mbuli vandag gehou─── 06:42 Wed, 22 May 2013
Johannesburg - 'n Gedenkdiens vir Vuyo Mbuli, die bekende televisie- en radio aanbieder, sal vanmiddag om 2uur by die SABC se perseel in Auckland Park gehou word. Die 46-jarige Morning Live en SAFM-aanbieder het Saterdagaand tydens die Superrugby-wedstryd tussen die Cheetahs en die Reds ineengestort. Hy is kort voor 10uur die aand in Mediclinic Bloemfontein oorlede. 'n Woordvoerder van die familie, Rowena Baird het gister gesê Mbuli is dood vanweë twee bloedklonte in sy longe. Sy begrafnis sal Vrydag plaasvind.
Sapa
Sapa
