Local News
BFN in donkerte weens diefstal en vandalisme─── LANI LANI 09:15 Wed, 22 May 2013
Lani Fouché -
Bloemfontein - Sewentig persent van die straatlampe in verskeie Bloemfonteinse woonbuurte is buite werking weens diefstal en vandalisme. Die plaaslike elektrisiteitsverskaffer, Centlec sê hulle het reeds miljoene rande spandeer op die herstel, instandhouding en vervanging van netwerkkabels, straatlampe en staaltorings wat gesteel of vernietig is. In Botshabelo en Frans Kleynhansweg naby die Woodland Hills Landgoed is luukse sonkraglampe afgesaag en geplunder. Dié lampe is hoofsaaklik voor die aanvang van die ANC se Eeufeesvieringe verlede jaar aangebring. In Hospitaalpark, Universitas, Waverley en rondom die M10 is die meeste straatlampe buite werking of gesteel. Die polisie het gesê geen klagtes van diefstal of vandalisme word in Frans Kleynhansweg ondersoek nie, maar Centlec sê hulle werk nou saam met die polisie om misdadigers vas te trek. Centlec het 'n beroep op inwoners gedoen om veral kabeldiefstal aan te meld.