National
Kleinfontein - Pretoria se eie Orania─── 09:56 Wed, 22 May 2013
Pretoria - Die mense van Kleinfontein, naby Pretoria, het besluit dat slegs Afrikaners toegelaat sal word om in dié plaasgemeenskap te woon, het The Times Woensdag berig.
Almal wat tans in dié gemeenskap woon – van die veiligheidswagte by die hekke tot die tuinwerkers – is Afrikaans, het die koerant berig.
Beamptes van die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid is volgens die berig ook verlede jaar meegedeel dat swart polisiebeamptes nie in die gemeenskap toegelaat word nie.
Jan Groenewald, voorsitter van die gemeenskap se beheerliggaam, het aan The Times verduidelik elke inwoner moet 'n "Afrikaner van 'n Voortrekker-herkoms en 'n Protestantse Christen wees, en moet by die Bloedrivier-gelofte hou".
"Ons dink nie in terme van ras nie, ons dink in terme van kultuur... [maar] jy kan nie die feit ignoreer dat ons verskillende rasse het nie. Dit is die realiteit," het hy volgens die koerant gesê.
"Ons gebruik nie die Suid-Afrikaanse vlag nie want [Suid-Afrika] is 'n unitêre staat – dis die rede waarom ons ons in hierdie situasie bevind."
Groenewald het gesê die gemeenskap sal die Tshwane-munisipaliteit vra om onafhanklik verklaar te word.
"Die ANC-regering sal in een of ander stadium moet goedkeur wat ons hier doen."
Sapa