On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

National

ANC bewus van DA saak teen Tlokwe burgemeester

───   07:22 Thu, 23 May 2013

Die ANC in Noordwes sê hy het kennis geneem van die DA se besluit om strafregtelike aanklagte teen die burgemeester van die Tlokwe-munisipaliteit in Potchefstroom in te dien.

Die DA se provinsiale leier, Chris Hattingh, het vroeër aanklagte van bedrog en geldwassery teen Maphetle Maphetle ingedien.

Dit volg nadat 'n forensiese ondersoek bevind het dat die raad onregmatig meer as R730 000 op 'n luukse voertuig vir Maphetle spandeer het.

Die ondersoek het beveel dat formele dissiplinêre optrede teen Maphetle en die betrokke amptenare gedoen word.

Die waarnemende provinsiale sekretaris van die ANC, Gordon Kegakilwe, sê hulle sal wag vir die uitslag van die saak en is verbind tot korrupsievrye instellings.

Sapa

More from National

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.