Local News
NW-naamsverandering stappie nader aan werklikheid─── DANE BEISHEIM 12:42 Thu, 23 May 2013
Dane Beisheim
Mmabatho - Noordwes premier, Thandi Modise, het vanoggend in haar begroting en beleidsvoorlegging aangekondig dat die provinsiale regering binnekort sal begin met 'n konsultasieproses onder inwoners oor 'n moontlike naamsverandering vir die provinsie.
Sy het vanoggend in die provinsiale wetgewer onder meer gesê die provinsie kan eenvoudig nie vernoem word na 'n punt op 'n kompas wanneer dit spog met leiers van Malome Moses Kotane se kaliber nie.
Sy het ook bygevoeg dat Moses Kotane homself onderskei het as 'n seldsame leier wat deur die bevrydingsbeweging opgelewer is, en dat die regering sulke helde en heldinne moet institusionaliseer.

Chris Hattingh: