On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Jongste oesskatting

───   16:09 Thu, 23 May 2013

Die Nasionale Oesskattingskomitee se vierde produksieskatting vir somergewasse is pas bekend gemaak. Die skatting lyk as volg:

Kommersiële mielies: Die potensiële grootte van die mielie-oes is verder verlaag met 121 750 ton of 1,05% tot 11,440 miljoen weens die droë toestande vroeër in die jaar wat ’n negatiewe impak op die opbrengste van mielies in die Noord-Wes en Vrystaat toon.
Die skatting van die oppervlakte onder mielies is onveranderd gelaat op 2,781 milj. ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,11 t/ha is.
Die oppervlak onder witmielies is 1,617 milj. ha en vir geelmielies is dit 1,164 milj. ha.
Die produksieskatting van witmielies is 6,026 miljoen ton, wat 129 000 ton of 2,10% minder is as die 6,155 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van witmielies is 3,73 t/ha teenoor die vorige 3,81 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 5,414 miljoen ton, wat 7 250 ton of 0,13% meer is as die 5,407 milj. ton van die vorige skatting. Die opbrengs van geelmielies is onveranderd gelaat op 4,65 t/ha.
Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 554 500 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 504 700 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,10 t/ha is.
Ander gewasse: Die produksieskatting van sojabone is 825 600 ton, wat 25 400 ton of 2,98% minder is as die vorige skatting. Die oppervlakte beplant met sojabone is 516 500 ha, met ‘n verwagte opbrengs van 1,60 t/ha.
Die verwagte grondbone-oes is afwaarts aangepas met 7 300 ton of 12,61% na 50 600 ton. Die oppervlakteskatting is 46 900 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,08 t/ha is.
Die produksieskatting van sorghum is onveranderd gelaat op 168 114 ton. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 62 620 ha en die verwagte opbrengs is 2,68 t/ha.
In die geval van droëbone is die produksieskatting opwaarts aangepas met 1 680 ton of 2,99% na 57 780 ton, met ’n oppervlakteskatting van 43 550 ha. Die verwagte opbrengs is 1,33 t/ha.
Die vyfde produksieskatting vir somergewasse sal op 25 Junie vrygestel word.

More from News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.