National
30 seuns sterf by inisiasieskole in Mpumalanga─── 17:07 Thu, 23 May 2013
Die aantal seuns wat tot dusver in Mpumalanga by inisiasieskole gesterf het, het tot dertig gestyg.
Woordvoerder vir die provinsiale gesondheidsdepartement, Ronnie Masilela, sê die polisie het vroeër die week bevestig dat 27 seuns in die afgelope twee weke by inisiasieskole omgekom het.
26 van die gevalle word as amptelike moordsake ondersoek en een word as 'n geregtelike doodsondersoek hanteer.
Die ander drie sterftes het vroeër die jaar plaasgevind. In Limpopo word ses sterftes met inisiasiepraktyke verbind.
Sapa