Local News
Vermeende verregses verskyn weer─── LANI LANI 07:25 Fri, 24 May 2013
Lani Fouché -
Bloemfontein - Die vier vermeende verregses is vandag terug in die Bloemfonteinse landdroshof waar hulle teregstaan op 'n klag van sameswering om top ANC-leiers te vermoor. Martin Keevy, Mark Trollip en Johan Prinsloo is in aanhouding in die Grootvlei-gevangenis nadat hulle vroeër vanjaar borgtog geweier is, terwyl Hein Boonzaaier op R80 000 borgtog uitgelaat is. Beide Prinsloo en Keevy het teen hul borgweiering geappelleer, maar dit het misluk. Die vier het na bewering beplan om partyleiers tydens die ANC se verkiesingskonferensie verlede jaar te vermoor. Die staat het vroeër gesê hulle het 'n waterdigte saak teen die aangeklaagdes. Keevy is intussen vir sielkundige evaluasie by die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks opgeneem.