World News
Nóg twee vas na Londen aanval─── 09:48 Fri, 24 May 2013
Londen - Die polisie in Londen het nog twee mense in hegtenis geneem in verband met die dood van 'n soldaat in die stad. Dit volg na die aanvanklike inhegtenisneming van twee mans wat die 25-jarige Lee Rigby by die weermagbarakke met messe en 'n vleisbyl doodgekap het, terwyl hulle Islamitiese slagspreuke geskreeu het. Die aanvallers is deur die polisie gewond en in hegtenis geneem. Die polisie sê verskeie huise is in die ooste van Londen ondersoek en nog twee mense, 'n man en 'n vrou, is op aanklagte van poging tot moord in hegtenis geneem. Die twee mans wat na bewering die aanval uitgevoer het, is Britse burgers van Nigeriese afkoms wat sowat 12 jaar gelede die Islamietiese geloof aangeneem het. Die Britse Moslemraad het die aanval veroordeel.
BBC
BBC
