On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Other News

Louis Massyn wil sy 41ste Comrades Marathon net geniet

───   12:43 Fri, 31 May 2013

Owen Kock

Bloemfontein. – Die Welkomiet Louis Massyn (62), wat Sondag sy 41ste Comrades Marathon (op-wedloop van Durban na Pietermaritzburg) hardloop, het vandag aan OFM Sport erken, dit is die gees waarin die wedloop gehardloop word wat bygedrae het dat hy reeds 40 kon afdraf.

Hy het sy eerste Comrades in 1973 gehardloop en het sedertdien nog elkeen voltooi, met sy beste tyd van 06h25 minute in 1981. Hy hardloop met die nommer 403 op die bors.

Hy jaag geen rekords meer nie, maar het wel ‘n plan vir Sondag se wedloop.

“Ek wil vanjaar baie graag onder 11 uur klaarmaak, dis my doelwit. Ek gaan baie stadig begin en wil so 9km ‘n uur hardloop. As ek vir 60km of 70km die 9km ‘n uur kan volhou, dan sal ek dit baie beslis onder 11 ure kan doen,” het Massyn uit Durban aan OFM Sport gesê.

Hy sien wel swarigheid vir vanjaar se op-wedloop en erken hy verkies eintlik die af-wedloop, want die eerste helfte van die wedloop is waar hy glo, atlete hul rieme styfloop.

Die dag toe Massyn sy tiende silwer medalje losgehardloop het, het hy reeds besluit hy gaan aan die Comrades deelneem om dit te geniet.

“Na die tiende silwer het ek nog net elke wedloop geniet en ek dink nie eers meer daaraan my tyd te wil verbeter nie, maar ek wil graag onder 11 ure vanjaar klaarmaak,” het Massyn bygevoeg.

More from Other News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.