Local News
Ses verskyn vir beweerde gepeupelreg in NW─── DANE DANE 07:37 Tue, 18 Jun 2013
Dane Beisheim -
Mmabatho - Ses mense wat in hegtenis geneem is in verband met 'n beweerde voorval van gepeupelreg in Noordwes, sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen in die Mmabatho-landdroshof.
Die voorval het wye reaksie ontlok nadat selfoonbeeldmateriaal gewys het hoe polisiebeamptes na beweering toegekyk het terwyl Boikie Molefe op 25 Mei deur 'n skare vermoor word.
Molefe is na bewering gestenig nadat hy glo sy eks-meisie met 'n mes doodgesteek het.
Mpho Phuthego, Thomas Sophosa, Pule Sophosa, Lesego Matsheng, Piet Matsheng en Tumisang Mocumi staan tereg op 'n aanklag van moord.
Hulle bly in aanhouding. 'n Interne polisie-ondersoek na die voorval is geloods.