On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

World News

Polisie ondersoek Nigella Lawson keelgryp foto's

───   08:21 Tue, 18 Jun 2013

Londen - Die polisie in Brittanje sê hulle ondersoek ‘n voorval nadat ‘n koerant foto’s van Nigella Lawson se man, Charles Saatchi, publiseer het waar hy met sy hande om dié bekende sjef se keel staan.

Die Sunday People-koerant het foto’s publiseer van die egpaar se “gewelddadige woordewisseling” wat op 9 Junie by ‘n restaurant plaasgevind het. Saatchi, ‘n bekende kunsversamelaar in Brittanje, het Maandag aan die London Evening Standard-koerant gesê die foto’s is ‘n wanvoorstelling van ‘n “spelerige onderonsie”. “Die foto’s is vreesaanjaend, maar dit laat ‘n baie meer drastiese en gewelddadige indruk van dit wat eintlik plaasgevind het,” het Saatchi, ook ‘n rubriekskrywer vir die London Evening Standard, gesê.

Mark Hutchinson, Lawson se woordvoerder, wou nie kommentaar lewer nie.

Die polisie in Londen sê geen kriminele klag is gelê nie en “’n ondersoek sal gedoen word om die feite te bepaal”, om sodoende vas te stel of ‘n formele ondersoek gedoen moet word.

Sapa

More from World News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.