Local News
NKse Landbou departement verdedig minister na berigte van gunslone─── 08:48 Tue, 18 Jun 2013
Douglas - Die Noord-Kaapse Departement van Landbou het tot die verdediging van die Minister van Landbou, Tina Joemat-Pettersson gekom ná berigte dat sy gunslone ontvang het uit die verkoop van 'n wildsplaas van R18-miljoen naby Douglas.
Die plaas was vir plattelandse vroue bedoel.
Volgens berigte word bewerings ondersoek dat Joemat-Pettersson R100 000 ontvang het terwyl sy in 2006 nog 'n provinsiale LUR was.
Die geld was na bewering vir haar moeite met die kooptransaksie van die plaas.
Die departement sê die begunstigdes van die landelike projek het die geld aan die minister geskuld.
'n Woordvoerder, Lerato Wa-Modise, het gesê die minister het vir meer as 'n jaar lank die vroue se uitgawes uit haar eie sak betaal voordat die projek goedgekeur is.
Wa-Modise sê Joemat-Petterson is toe later deur die prokureurs van die trust terugbetaal.
SABC