On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Verslag oor plaasaanvalle

───   12:09 Tue, 18 Jun 2013

AfriForum sê growwe nalatigheid deur polisiebeamptes in die ondersoek van plaasaanvalle word uitgewys in ’n verslag wat deur sy ondersoekeenheid saamgestel is.

Afriforum stel dié verslag môre in Centurion bekend.

Verskeie slagoffers van plaasaanvalle van onder meer Noordwes, Gauteng en Limpopo sal op die bekendstelling van die verslag vertel hoe hul regte as gevolg van swak polisie-ondersoekwerk geskend is, sê Esmarie Prinsloo, woordvoerder van AfriForum.

Sy sê dié verslag sal deel vorm van die klag wat AfriForum by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien het oor die polisie en regering se houding jeens plaasaanvalle en die hantering daarvan.

AfriForum sê hy vra hiermee ook weer vir die minister van polisie, Nathi Mthethwa, om sy houding jeens plaasmoorde te verander en om dit as misdaad te prioritiseer.

Saam met die bekendstelling van die verslag word ook ’n gids, 'n Handleiding vir Slagofferbemagtiging, bekend gestel. Dié handleiding het  inligting oor onder meer die hantering en bewaring van misdaadtonele, die aflê van verklarings en getuienis in die hof. Die handleiding sal aan AfriForum se plaaslike strukture en veiligheidstrukture oor die land heen versprei word, sê Prinsloo.

AfriForum het die MRK vroeër saam met die families van plaasaanval-slaggofers versoek om ’n openbare verhoor oor plaasmoorde te hou en om Mthethwa te dagvaar om voor die kommissie te getuig oor “sy versuim om met ’n gefokusde strategie teen hierdie soort misdaad op te tree”.

Onder die talle briewe en klagtes wat reeds as deel van AfriForum se klag by die MRK ingedien is, is ’n klag deur Susan Nortjé van Lindley, wie se susterskind, Wilmientjie (2), saam met haar ouers, Attie (40) en Wilna (36) Potgieter, op die plaas Tweefontein met ’n panga, mes, tuinvurk en vuurwapen vermoor is.

Nortjé het in haar brief gevra dat die MRK sal verklaar dat haar familie van hul menseregte ontneem is.
Sy het ook gevra dat die ondersoeke van plaasmoorde ’n prioriteit moet wees.


More from News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.