Agriculture
Rekordvonnisse vir veediewe─── 15:11 Tue, 18 Jun 2013
Dirk Kok
Bloemfontein - Drie lede van ’n veediefstalsindikaat wat skape op plase in die Vrystaat en Oos-Kaap gesteel het, is almal in die hof op Aliwal-Noord rekordvonnisse opgelê.
Al drie is tronkstraf van meer as 40 jaar opgelê. Dit is die eerste keer wat veediewe in die Oos-Kaap aan geldwassery en geldverduistering skuldig bevind word.
Die vonnisse is in landboukringe verwelkom.
Die Oos-Kaapse direkteur van openbare vervolging het ook lof uitgespreek vir Aliwal-Noord speurder Duma Maseyimani wat die sindikaatlede vasgetrek en die misdade ondersoek het.
Maseyimani sê hy is verheug oor die vonnisse.