National
Minister verwelkom hofbevel oor onwettige kreefoes─── 17:00 Tue, 18 Jun 2013
Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Tina Joemat-Pettersson, het 'n hofbevel in New York verwelkom ingevolge waarvan net onder R300-miljoen aan Suid-Afrika uitbetaal moet word.
Dit is vir die onwettige oes van Suid-Afrikaanse kreef en vis deur 'n sindikaat.
'n Amerikaanse hof het gelas dat Arnold en David Bengis en Jeffrey Noll vergoeding van 22.5-miljoen dollar moet betaal.
Arnold Bengis was ten tyde van die vangste die besturende direkteur van Hout Bay Fishing Industries Limited.
Departementswoordvoerder, Palesa Mokumele het ook die hofbevel verwelkom.
Algoa FM

Departement's woordvoerder, Palesa Mokumele: