Local News
Groot opgewondenheid oor Mangaung planetarium─── SABRINA SABRINA 17:05 Tue, 18 Jun 2013
Sabrina Dean
Bloemfontein - Alhoewel daar nog redelik baie werk voorlê, is betrokkenes by Mangaung se digitale planetarium baie opgewonde nadat die brandweer die dak vanoggend letterlik nat gemaak het om vir lekplekke te toets.
Die ingevoerde panele wat die naatlose aluminiumskerm sal opmaak is ook tydens die seremonie afgelaai en sal nou aan die binnekant van die groot silwer koepel geïnstalleer word.
Die Universiteit van die Vrystaat se Matie Hoffman meen dat die digitale planetarium baie spesiaal is.
Hy sê hulle hoop die planetarium, op Naval Hill, sal teen Oktober vanjaar in werking wees.

Matie Hoffman verduidelik hoekom die planetarium belangrik is.: