On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Gepeupelreg in NW: Ses kry borg

───   09:06 Wed, 19 Jun 2013

Christopher Motagbogi -

Mmabatho - Die ses mense wat in hegtenis geneem is in verband met 'n beweerde voorval van gepeupelreg in Noordwes, is gister in die Mmabatho-landdroshof op borg van R1 000 elk vrygelaat.

Volgens hul borgvoorwardes, moet die verdagtes elke oggend om 06:00 en 18:00 saans by die Lomanyaneng polisiekantoor op Mahikeng aanmeld.

Al ses verdagtes moet weer op 6 Augustus in die Mmabatho-landdroshof verskyn.

Boikie Molefe is op 25 Mei deur 'n skare in Lomanyaneng vermoor.

Die voorval wat wye reaksie ontlok nadat selfoonbeeldmateriaal gewys het hoe polisiebeamptes na beweering toegekyk het terwyl Molefe gestenig word nadat hy glo sy eks-meisie met 'n mes doodgesteek het.

Mpho Phuthego, Thomas Sophosa, Pule Sophosa, Lesego Matsheng, Piet Matsheng en Tumisang Mocumi staan tereg op 'n aanklag van moord.
 
'n Interne polisie-ondersoek na die voorval is geloods.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.