On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

SA man in Mogadishu dood in aanval

───   17:01 Wed, 19 Jun 2013

'n Werknemer van die SA staatswapenmaatskappy, Denel, is volgens mediaberigte moontlik dood in 'n aanval op die VN se basiskamp in Mogadishu, Somalië.

'n Woordvoerder vir Denel sê die man se naam kan nog nie bekend gemaak word nie.

Vuyelwa Qinga sê hulle wag nog op detail, maar dit klink of 15 mense in die Shabaab-aanval dood is.

'n Selfmoordbomaanvaller het na wat berig word 'n motor by die ingang na die kamp opgeblaas wat toegang aan die Shabaab-rebelle verleen het.

Ooggetuies sê geweervuur kon 'n uur lank gehoor word. Afrika Unie-magte en regeringstroepe het Al Shabaab-rebelle twee jaar gelede uit die stad gedryf.

eNCA/Reuters

More from National

You May be Interested in

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.