Local News
Apollo teater se bates dalk afgeveil─── 17:26 Wed, 19 Jun 2013
Christopher Motabogi
Bloemfontein - Die DA in die Noord-Kaap sê vinnige optrede is nodig om te keer dat die bates van een van die land se oudste teaters, die Apollo-teater, op Victoria-Wes opgeveil word.
Provinsiale leier, Andrew Louw sê dis ‘n skreiende skande dat die Art-deco teater se bates, wat in 1910 gebou is, onder die hamer moet gaan.
Louw beweer ook dat, volgens sy party se inligting, die veiling as gevolg van persoonlike skuld deur teaterbestuurder, Petrus Martens, is.
Martens het in Oktober verlede jaar aan OFM-nuus gesê dat sewe werknemers van die Apollo-teater hul werk kwyt is weens finansiële probleme.
Louw sê ‘n brief sal aan die betrokke Noord-Kaapse departement gerig word om die situasie te probeer red.