National
Zuma verdedig vriendskap met Guptas─── 07:57 Thu, 20 Jun 2013
Kaapstad - President Jacob Zuma het Woensdag in die parlement sy vriendskap met die Gupta-familie verdedig, berig Eyewitness News.
Zuma het Woensdag reageer op vrae in die Nasionale Vergadering.
Lindiwe Mazibuko, DA-leier in die parlement, het Zuma gevra hoekom die Gupta-familie direkte kontak met lede van sy kabinet het.
Die president het aan LP's gesê enige lid van die publiek asook mense buite die landsgrense, kan ministers of die staatsdiens regstreeks nader.
Hy het gesê sy administrasie bevorder 'n toeganklike regering.
Op die vraag deur Joe McGluwa, OD-LP, of hy bereid is om sy bande met die familie te verbreek, het Zuma gesê die president het die reg om met enigiemand vriende te wees.
“Ons is nie in ’n staat wat mense verban omdat hulle vriende met sekere mense is nie.
Zuma het gesê dit beteken egter nie dat verkeerde dade goedgepraat word nie.
EWN