On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Dries Kruger lei Senwesbel

───   12:59 Wed, 03 Jul 2013

Dries Kruger is tot voorsitter van Senwesbel, die beheermaatskappy van die landboudienstegroep Senwes, aangewys.

Hy volg vir Danie Minnaar, nuwe voorsitter van Senwes, op. Minnaar is tot Senwes-voorsitter aangewys nadat Japie Grobler sy uittrede in Augustus aangekondig het.

Kruger sê: “Dit is vir my 'n voorreg om Senwesbel se voorsitter te word ná manne soos Japie Grobler en Danie Minnaar. Ek sien uit na groot verwikkelinge by Senwes wat ‘n positiewe impak op Senwesbel behoort te hê.”

Kruger is 'n openbare rekenmeester, geregistreerde ouditeur en professionele waardeerder.

Hy dien sedert 2007 in die direksie van Senwesbel. As 'n verteenwoordiger van Senwesbel in die Senwes-direksie dien hy as voorsitter van die sosiale en etiese komitee en as lid van die ouditkomitee.

Senwesbel hou 'n belang van 58% in Senwes. Senwes is tot dusver Senwesbel se enigste bate en dié beleggingsmaatskappy ondersteun Senwes se strategie om op langtermyn voortbestaan en volhoubaarheid te fokus, sê Senwesbel in 'n verklaring.



Dries Kruger, nuwe voorsitter van Senwesbel.


More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.