On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

NWK koop Midchem

───   09:04 Tue, 16 Jul 2013

Dirk Kok - Die landboumaatskappy NWK het die landbouchemikalieë-onderneming Midchem gekoop en gaan nou ook landbouchemikalieë aan boere verskaf.

Pieter Coetzer, bestuurder kleinhandel van NWK, sê NWK wil hiermee sy produkreeks meer volledig maak.

“NWK glo ook dat die landbouchemikalieë-bedryf 'n waardeproposisie vir sy aandeelhouers inhou en dat sy betrokkenheid by die verskaffing van landbouchemikalieë tot groter stabiliteit in die betrokke mark kan lei.”

Midchem is in 2003 gestig en het hoofsaaklik in die noordwestelike graanproduksiegebied sake gedoen.

Die drie eienaars van die maatskappy, naamlik Frans Krüger, Barry Pretorius en Conrad van Wyk wat ook as agente by Midchem betrokke was, se kundigheid en dienste word behou ten einde die onderneming verder uit te bou, sê Coetzer.

Hy sê Midchem se sake word, soos die saadafdeling, as ’n aparte bedryfspunt van NWK se kleinhandel-departement bedryf.

Die maatskapy se bates word na NWK oorgedra en die naam "Midchem" word behou.

Coetzer sê Midchem se verkoop- en administratiewe personeel word deur NWK oorgeneem.

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.