On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Agri SA verwelkom ministers se standpunt oor grondvergrype

───   13:57 Mon, 29 Jul 2013

Dirk Kok - Agri SA sê hy verwelkom die regering se standpunt dat daar streng opgetree sal word teen grondbesetters, ná sulke dreigemente in die geledere van Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters.

Agri SA se president, Johannes Möller, sê boere moet ag slaan op die regering se beroep om nie reg in eie hande te neem nie. Hy sê boere moet goeie verhoudinge met die polisie handhaaf en paraat wees sodat daar in die moontlike geval van grondbesetting vinnig opgetree kan word.

Die ministers van landbou en van grondhervorming en landelike ontwikkeling, Tina Joemat-Pettersson en Gugile Nkwinti, het albei gesê grondvergrype sal nie deur die regering geduld word nie.

Nkwinti het die naweek by Harrismith gesê besetters sal deur die regering van die besette grond verwyder word.

Podcasts

Johannes Möller, Agri SA:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.