On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Maandag is sperdatum vir ramphulpaansoeke in NW

───   15:29 Tue, 20 Aug 2013

Dirk Kok - Veeboere in Noordwes het nog net tot Maandag om aansoekvorms in te dien vir ramphulp van die regering af.
 
Die provinsiale departement van landbou se Bonolo Mohlakoana sê boere wat hulp nodig het weens die knellende droogte en nog nie aansoek gedoen het nie, moet dit spoedig doen.
 
Aansoekvorms is by die departement se kantore, by Agri-Noordwes en sy landbouverenigings en by landbou-ondernemings beskikbaar.
 
Die landboudepartement se voorligtingsbeamptes is ook op bystand om boere te help met hul aansoeke, sê sy.
 
Noordwes is onlangs tot rampdroogtegebied verklaar weens een van die ergste droogtes in jare in dié provinsie.
 
Die regering het R200 miljoen vir ramphulp aan veeboere bewillig.

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.