On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

'Soja 'n goeie roep vir boere'

───   08:03 Mon, 26 Aug 2013

Dirk Kok - Suid-Afrikaanse boere kan met geruste harte in sojaboonverbouing inklim. Daar sal in die volgende dekade en selfs langer nie ’n oorskot gelewer kan word nie, sê die Proteïennavorsingstigting se Gerhard Scholtemeijer.
 
Tans word 1,2 miljoen eetbare olie jaarliks in die land verbruik en 800 000 ton moet ingevoer word. Die laaste paar jaar al moet jaarliks sowat ’n miljoen ton oliekoek ingevoer word.
 
Die stigting se projeksies is dat daar teen 2020 hopelik ’n miljoen hektaar grond onder sojabone sal wees en hopelik twee en ’n half miljoen sojabone geproduseer sal word. Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) skat op sy beurt dat daar teen 2022 ’n bietjie meer as 900 000 hektaar aangeplant sal word en 2,2 miljoen ton geproduseer sal word. Dit is minder as wat die land binne die volgende jaar of twee gaan nodig hê.
 
BFAP voorspel ook dat die braaikuikenbedryf konstante groei sal toon. Indien braaikuiken-invoere, soos deur plaaslike pluimveeboere gehoop word, weens hoër invoertariewe verminder, sal die tekort aan oliekoek nog groter wees.
 
Verder is Suid-Afrika se soja van hoë gehalte is gesog vir menslike gebruik in Suid-Oos-Asië.
 
Scholtemeijer sê onvoldoende parskapasiteit in die land is ook iets van die verlede. Daar is nou etlike parsaanlegte wat ’n aanleg in Villiers in die Vrystaat insluit en 2 miljoen ton sal na verwagting binne die volgende jaar en ’n half gepars kan word.



Podcasts

Gerhard Scholtemeijer:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.