On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Lindley-boer lei MPO

───   16:46 Tue, 27 Aug 2013

Lindley-boer lei MPO | News Article
Dirk Kok - 'n Oos-Vrystaatse melkboer, Gideon Lamprecht, is vandag op die Vrystaatse Melkprodusente-organisasie se kongres in Bloemfontein tot nuwe voorsitter verkies.
 
Lamprecht, van die Gisanto-stoetery by Lindley, vervang vir Bernard Maree, van Excelsior, wat die organisasie die afgelope twee jaar gelei het.
 
Lamprecht sê hy wil groter samewerking tussen die provinsie se melkboere, insetverskaffers en melkkopers probeer bewerkstellig en daarmee die bedryf, met sy talle uitdagings, uitbou.


Leiers in die melkbedryf asook die landbou-ekonoom Johann Kirsten het op die kongres gesê hoewel Suid-Afrikaanse melkboere dit huidiglik nie maklik het nie, is daar goeie vooruitsigte vir dié bedryf.


Podcasts

Gideon Lamprecht:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.