On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Dairy Corporation vereer as beste voedselverwerker in VS

───   16:36 Fri, 06 Sep 2013

Dirk Kok - Die Bloemfonteinse suiwelmaatskappy Dairy Corporation is deur die navorsingshuis PMA Africa as die beste voedselverwerker in die Vrystaat aangewys.
 
Dairy Corporation, wat 16 jaar gelede begin is, verwerk daagliks tussen 25 000 en 30 000 liter melk van Bloemfonteinse melkboere. Die maatskappy, wat werk aan 75 mense verskaf, lewer daagliks vars melk, suiwelprodukte en vrugtesap aan kettingwinkels en instansies oor die hele Vrystaat en Noord-Kaap heen.
 
Die eienaar en besturende direkteur, Johann Gelderbloem, sê die maatskappy se vooruitgang en gewildheid is ’n droom wat waar geword het.

PMA Africa se Johan Hatting sê maatskappye en instellings kan nie vir hierdie eerbewyse inskryf nie. Wenners word op grond van regeringsleiers, sakeleiers en die publiek se mening aangewys.

Podcasts

Johann Gelderbloem:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.