On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Sussex-telers gaan internasionale kongres in Bloemfontein hou

───   15:53 Wed, 11 Sep 2013

Pieter Möller/Dirk Kok - Die Sussex-beestelersgenootskap van Suid-Afrika gaan volgende jaar op die Bloemskou gasheer wees vir die eerste internasionale Sussex-kongres in 19 jaar.
 
Die president van die genootskap, Arno Cronjé, sê die laaste internasionale kongres is in 1995 in Engeland gehou.
 
Suid-Afrikaanse telers, wat die afgelope jare verskeie bloedlyne uit Engeland en Australië ingevoer en goeie bande met buitelandse telers het, het besluit dit is hoog tyd dat daar weer ’n wêreldkongres gehou word.
 
Hy sê dit sal van groot waarde vir Sussex-boerdery in Suid-Afrika wees.


Cronjé sê die buitelandse boere gaan ook op ’n twee weke lange toer van die noorde tot die suide van die land geneem word om al die plaaslike Sussex-klubs te besoek.

Podcasts

Arno Cronjé:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.