On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Forum wil veediefstal oor provinsiale grense beveg

───   16:46 Tue, 01 Oct 2013

Dirk Kok - Landbouleiers in die Noord-Vrystaat en Gauteng het ’n gesamentlike forum teen veediefstal gestig as gevolg van vee wat al hoe meer oor die grens van die twee provinsies gesteel word.
 
Die Vrystaatse voorsitter van die forum, Isabel Kruger van Heilbron, sê lede is deurentyd in verbinding om inligting oor veediefstal en moontlike veediefstalle uit te ruil en om planne teen veediewe te maak. Daar is ook noue skakeling met die polisie.

Kruger, ’n afslaer in die veebedryf en voormalige polisiebeampte, vra boere en die publiek om te help met inligting oor veediefstalle.
 
Sy sê 'n klein stukkie inligting het onlangs gelei tot die inhegtenisneming van die sogenaamde lorrieboer van Heidelberg, Thinus Groenewald (35), wat na bewering meer as R2 miljoen se vee oor provinsiale grense heen gesteel het.
 
Groenewald, wat van sindikaatbedrywighede verdink word, word hangende sy verhoor aangehou.

Podcasts

Isabel Kruger:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.