On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Boere se mening oor nasionale kultivarproewe gevra

───   13:28 Mon, 07 Oct 2013

 
Dirk Kok - Graan SA vra produsente om aanlynterugvoer aan die LNR-instituut vir Graangewasse (IGG) te gee oor hul gebruik van die jaarlikse nasionale kultivarproewe en hul menings oor die proewe.
 
Die IGG in Potchefstroom doen tans 'n impakramingstudie van die nasionale kultivarproewe en nooi produsente om hul sienings oor die program te deel en ook voorstelle te maak hoe dit kan verbeter word om in die die behoeftes van produsente te voldoen, sê Petru Fourie, ekonoom van Graan SA.
 
Sy versoek produsente om terugvoer te gee om 'n beter prentjie te skets van die impak van die program op boerderye en hoe dit verbeter kan word.
 
Boere kan hul insette gee by http://www.arc.agric.za/home.asp?pid=7860
 
Die Nasionale Kultivarproewe is in 1976 begin. Kommersieel beskikbare- en nuwe kultivars word jaarliks geëvalueer vir hul opbrengspotensiaal, aanpasbaarheid en siekteweerstand. Hierdie inligting word benodig vir besluitneming rakende die vrystelling en saadproduksie van nuwe kultivars deur saadmaatskappye en vir kultivaraanbevelings aan kommersiële produsente. Die program dek mielies, sorghum, sojabone, sonneblom en grondbone. Sedert die instelling daarvan meer as 35 jaar terug, was daar nog geen studie wat die program se ekonomiese voordeel vir Suid-Afrikaanse landbou geëvalueer het nie en om vas te stel of produsente die inligting gebruik wat aan hulle verskaf word deur die verskeie nasionale kultivarproefresultaat-pamflette nie.

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.