On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Human Interest

Olifant in Knysna-woud afgeneem

───   06:53 Fri, 10 Jan 2014

Knysna - 'n Strik-kamera het 'n olifant in die Knysna-woud afgeneem.
SANParke-woordvoerder, Nandi Mgwadlamba sê daar is foto's van die olifant waarop die tande, slurp en bene duidelik waargeneem kan word. Sy sê dit is egter nie moontlik om die geslag van die dier uit te maak nie. Die voorkopvorm en oorpatroon is ook nie duidelik uitkenbaar nie.
 
Mgwadlamba sê die foto's is noemenswaardig, aangesien die Knysna-woud een van die min woude oor is waar olifante in die natuur aangetref kan word.
 
Die olifant is op 6 November afgeneem, maar die foto is eers gister afgelaai.
 
Die kamera is deur die Landmark-stigting opgestel om luiperdnavorsing te doen.
 
Maroela Media




More from Human Interest

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.