On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Krisis kom as goeie reën nie val

───   16:25 Wed, 15 Jan 2014

Dirk Kok - Boere in die droogtegebiede in Noordwes, die Vrystaat en Noord-Kaap gaan in 'n groter krisis gedompel word indien daar nie binne die volgende twee maande goeie reën en opvolgreën val nie, sê landbouleiers.
Agri-Noordwes se Boeta du Toit, Vrystaat Landbou se Henk Vermeulen en Agri-Noord-Kaap se Johan van Rensburg, sê boere het dit steeds bitter moeilik in dele van die drie provinsies. Reën gaan die enigste redding vir oeste en weiding wees.
Hulle sê selfs dele waar onlangs goeie reën geval het, het nie genoeg opvolgreën gehad nie. Veld het weer verdor en saaiboere is benoud dat hulle nie genoeg opvolgreën vir behoorlik grondvog gaan kry nie.
Du Toit sê as die reën wegbly, gaan Noordwes 'n tweede rampdroog winter beleef.
 
 
 



Podcasts

Boeta du Toit:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.