On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Ramphulp val plat

───   16:31 Wed, 15 Jan 2014

Dirk Kok - Terwyl die droogte voortwoed, het die regering se rampdroogtehulpskema in Noordwes weens probleme tot stilstand geruk.
In die Vrystaat het boere van regeringskant af nog niks gehoor van planne om dele van die provinsie tot rampdroogtegebiede verklaar te kry nie. Die proses sloer volgens Vrystaat Landbou glo in die premierskantoor.
In die Noord-Kaap is dele as rampdroogtegebiede geïdentifiseer, maar is daar ook nog nie sprake van enige regeringshulp nie.
Agri-Noordwes se Boeta du Toit sê boere in dié provinsie ontvang baie hulp van organisasies en medeboere, maar die regering se droogtehulpproses het eers tot stilstand geruk.
Vrystaat Landbou en Agri-Noord-Kaap help boere ook met die ondersteuning en skenkings van weldoeners.
Agri-Noord-Kaap se Johan van Rensburg sê hulle het skenkings en hulp nodig om geskenkte voer van provinsies soos die Oos- en Wes-Kaap af aan te ry.
Mense wat wil help, kan Agri-Noord-Kaap se kantoor by (053) 832-9595 bel.

Podcasts

Boeta du Toit:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.